SLO/28 DAYS BRAND AMBASSADOR

Brand Ambassador Ad.jpg

HIER IS DIE WENNER VAN ONS 'BRAND AMBASSADOR' KOMPETISIE, VELICIA TOWNSEND, VOOR EN NADAT SY DIE 28 DAE EETPLAN SAAM MET DIE GUMMY  BERRY JUICE EN SLENDER LIVING PRODUKTE GEBRUIK HET:

Velicia.jpg

​ONS IS OPSOEK NA DIE 28 DAE EETPLAN/SLO AMBASSADEUR (“BRAND AMBASSADOR”)!!!

PRYSE EN PRODUKTE TER WAARDE VAN R7000 KAN GEWEN WORD!!!

IS JY 10+ KG OORGEWIG? MOET JY DRINGEND GEWIG VERLOOR? WIL JY GRAAG GRATIS ONGELOOFLIKE PRODUKTE GEBRUIK WAT OP DIE 28 DAE EETPLAN TOEGELAAT WORD EN WAT DIE PLAN DRASTIES MAKLIKER GAAN MAAK VIR JOU? WIL JY TOEGANG Hê TOT JOU EIE PERSOONLIKE MOTIVERINGSAFRIGTER (MOTIVATIONAL COACH) WAT JOU GRATIS GAAN HELP OM NIE NET NA JOU LYF NIE, MAAR OOK NA JOU EMOSIES OM TE SIEN? DAN HET ONS VIR JOU ‘N WONDERLIKE GELEENTHEID!!

Indien jy gekies word as Ambassadeur, sal jy 28 Dae se voorraad Slender Living Gummy Berry Juice (ekstra sterk), Fat Burner, Fat Blocker, Kollageen, ‘n Immuno Boost en Vit C tablette ontvang (afgelewer deur We Courier It), asook ‘n maatband en koelsakkie en ‘n joernaal en spesiale pen om jou 28 Dae mee aan te pak. Jy kry ook weeklikse sessies met jou persoonlike motiveringsafrigter (motivational coach) asook deurlopende ondersteuning per WhatsApp! Jy ontvang ook ‘n ’28 Days & Beyond’ selfversorgingsprogram. Indien jy die uitdaging suksesvol voltooi, ontvang jy ‘n luukse Spin Spa, 'n FANTASTIESE La Lune Health Premium CBD Products Hamper om jouself te bederf asook ‘n pragtige Sterling Silver 925 armbandjie. Die totale waarde van die produkte en pryse is meer as R7000!!!

VEREISTES:

  1. Jy moet ouer as 18 wees en woonagtig wees in Suid Afrika.

  2. Jy MOET die 28 Dae Eetplan streng volg vir 28 Dae vanaf 3 Mei tot 30 Mei 2021.

  3. Jy moet bereid wees om AL die bg. Produkte elke dag getrou te gebruik.

  4. Jy mag geen ander produkte wat dieselfde funksie het as die produkte wat jy ontvang, gebruik nie. Slegs jou farmaseutiese medikasie.

  5. Jy mag nie ‘n hartkondisie hê nie (maar mense met hoë bloeddruk, lae bloeddruk en diabetes mag wel inskryf)

  6. Jy moet elke 4 dae ‘n update te gee oor jou journey met die 'hashtag'  #28dayslender asook die volgende foto’s:

    • Een vollyf foto van voor af.

    • Een vollyf foto van beide kante af.

    • Een halflyf foto van voor af

    • Een kop en skouers foto van voor af.

  7. Die foto’s sal net op die groep geplaas word maar die geskrewe update sal op verskeie sosiale media platforms wees. ‘n Voor en na collage sal aan die einde van die 28 Dae op dieselfde en ander platforms verskyn. As jy nie gemaklik is daarmee nie, moet asb nie inskryf nie.

  8. Indien jy nie die 28 Dae voltooi nie, sal jy verantwoordelik wees vir die kostes van die produkte asook die sessies met die motiveringsafrigter. Dit is om mense aan te moedig om nie net op te gee nie.

  9. Jy kan tot en met 1x per dag met jou motiveringsafrigter in kontak kom via WhatsApp. Jy moet ook die weeklikse aanlynsessie met haar bywoon.

  10. Die inskrywingsvorm moet volledig ingevul, gedateer en geteken wees om te kwalifiseer.

As jy belangstel om in te skryf, kliek asseblief op die volgende skakel en vul die vorm in:

BRAND AMBASSADOR INSKRYWINGSVORM / ENTRANCE FORM

INSKRYWINGS SLUIT 30 APRIL 2021

BAIE BELANGRIK:

 

Alhoewel ons volle vertroue in die 28 Dae Eetplan en die Slender Living produkte het, is dit baie belangrik om te onthou dat onrealistiese gewigsverliesverwagtinge net in teleurstelling gaan eindig. Jou motivering moenie wees om X aantal kilogram te verloor nie. Jou motivering moet wees om jou lewensgehalte te verbeter. Stel vir jouself 'n realistiese, maar bereikbare doelwit, en jy gaan dit baie makliker bereik met net genoeg druk op jouself om vas te byt. Onrealistiese doelwitte of verwagtinge is nie gesond vir jou geestesgesondheid OF jou liggaam nie!

28dayslender

BORGE / SPONSORS

Geen kompetisie sal moontlik wees sonder borge nie, so hierdie is 'n besonderse dankie aan die volgende maatskappye:
  • Down Size Slimming & Slender Living
  • La Lune Health Premium CBD
  • We Courier It Courier Services
  • Self Care with Steph
  • Die Oorspronklike 28 Dae Eetplan
  • Slender Living ONLINE (SLO)
nci new logo blue circle.png
LALUNE.jpeg
DSS-Logo.png
Final Logo transparent.png
Untitled-design-25.png
WhatsApp Image 2021-04-26 at 15.00.39.jp
28.png