top of page

MEER INLIGTING OOR WROB

Swangerskap- en Babaverlies Herinneringsdag is 'n wêreldwye inisiatief wat elke jaar op 15 Oktober gehou word.  As gevolg van haar werk in die perinatale troosveld en as 'n ma wat self babas verloor het, is hierdie saak BAIE naby aan Nicci Coertze van NCOT se hart.  Omdat die hele wêreld omgekeer is as gevolg van die Koronavirus en omdat daar soveel onsekerheid heers oor wat die volgende paar maande gaan gebeur, het NCOT besluit om babas te onthou met 'n deurlopende aanlyn inisiatief hierdie jaar om aan die Swangerskap- en Babaverlies Herinneringsdag deel te neem. 

​

Donasies sal ook aanvaar word vir swangerskap- en babaverlies nie-winsgewende organisasies in Suid Afrika soos The Hope Box Initiative, The Angel Gown Initiative en kleiner NGO's. 

​

As een van Suid Afrika se mees ervare troosdoulas en as gevolg van haar bystand aan talle ouerpare wat babas verloor het, is die 'We Remember our Babies' idee Nicci Coertze se 'hartskind.'  Die grootste beweegrede agter hierdie inisiatief is haar eie engelbabas.  Alhoewel geen twee verliese dieselfde is nie, het Nicci self swangerskapverliese gely en is sy deur talle fertiliteitsbehandelings - hierdie gee haar 'n baie unieke perspektief op swangerskap- en babaverlies.  Sy wou iets baie besonders doen hierdie jaar vir ouers wat babas verloor het om hulle babas baie spesiaal te onthou.

Vir meer inligting ivm swangerskap- en babaverliesondersteuning besoek gerus www.ncot4u.com of www.niccicoertze.com

​

20190327_075704 (1).jpg
bottom of page